Feeds RSS

English Version

There is an english version below every post

Week 10

Hi my blom

Dinge is an die rol hierdie week. Daar is so baie goed wat teen die tyd al gebeur het, dis amazing.
Ons klein vreemdelingtjie se stertjie is nou al amper heeltemal weg en lyk nou al soos n mensie. Die vingertjies, toontjies en gewriggies is nou al heeltemla gevorm. Die coolste ding is dat as jy iets in ons vreemdelingtjie se handtjies kon sit, sal hy (of sy) dit al kan gryp. Dit is net awesome!

Ons vreemdelintjie is nou al tussen 3.5 en 4.5 sentimeter lank en weeg omtrent 4 of 5 gram. Amper die helfde daarvan is sy (of haar) koppie. Ons vreemdelingtjie se oortjies en boonste lip is ook al daar. Sy (of haar) niere, lewer en hartjie is klaar gemaak en die lewer begin selfs nou al bloed selle te maak. Ons vreemdelingtjie se brein ontwikkel nou meer as n kwart miljoen neurons ELKE MINUUT!!! Damn, maar hy (of sy) gaan slim wees :D

Mens kan tegnies gesproke ook nou al sien of ons n meisie of n seuntjie gaan he, alhoewel dit nog bietjie moeilik is. Ons vreemdelingtjie is ook nou al lekker besig daar in jou magie, maar hy (of sy) is nog bietjies te klein vir jou om dit te voel.

Mamma voel op hierdie stadium nogsteeds nie baie lekker nie, maar die goeie nuus is dat dit nou amper klaar is. Mamma begin ook nou al bietjie "wys" alhoewel dit baie min is. Mamma se borste word ook nou bietjie groter en meer sensitief en dit is as gevolg van al die hormone wat in haar lyfie rond karjakker :) Mamma mag dalk ook elke nou en dan bietjie krampies voel maar dit is gelukkig heeltemal normaal en ons hoef nie daaroor te worry nie. Pappa sal regtig help net waar hy kan.

n paar interessante feite :

Volgende jaar hierdie tyd is ons klein vreemdelingtjie al 22 weke oud :)
Sy (of haar) sterre teken is Aquarius
Sy (of haar) geboorte steen is n Amethyst
Sy (of haar) Geboorte blom is n Viooltjie of Primrose
Hy (of sy) sal in 2015 kleuterskool toe gaan, in 2026 kan kar bestuur, in 2028 hoerskool klaar maak en (as ek so moet judge hoe die neurons ontwikkel) teen 2032 klaar maak met Universiteit :)

Ek is baie lief vir jou my skattie.

Pappa

ENGLISH VERSION TO FOLLOW

Beating Hearts

How can I explain the miracle I've seen
from you, my child, no bigger than a bean.
I saw your heartbeat for the first time today
while in your mother's womb you lay.

Listening on the monitor I couldn't tell
who's heart raced faster, your's or mine.
The doctor's words, "Your baby's well",
made me praise our Lord, our God divine.

I cannot wait to see your face,
to hold your body in warm embrace.
To comfort you when you are crying,
To lift you up, pretend you're flying.

I've said it before, I'll say it again,
you are a miracle God has ordained.
Each night when you lay down to sleep,
I'll pray the lord your soul to keep.

Amen