Feeds RSS

English Version

There is an english version below every post

Week 22

Hi Skattie

Jislaaik maar ek is nou opgewonde dat ons weet ons kry n klein prinsessie! Ek het net gister weer in die winkels gaan kyk na kleertjies en speelgoed en ek kan net imagine hoe oulik ons klein meisie gaan lyk met al daai mooi pink outfits. Mens kry natuurlik klein pink "blou bull" kleertjies ook...

Ek is net so lekker opgewonde dat ons nou kan begin met die baba kamer. Ek kan regtig nie wag om in die middag by die huis te kom en vir my FAMILIE te groet en my dogtertjie op te tel en met haar te speel nie. Ek dink nie daar is n beter gevoel in die wereld nie. Kan jy glo ons klein prinsessie is nou al 25cm lank en die dokter se sy weeg al n halwe kilogram. Hulle se sy lyk nou al soos n pasgebore baba maar is nog net bietjie maer. Sy moet nou nog lekker baie vetjies optel. Hierdie is nogals cool... Ons prinsessie se lewer is nou al hard aan die werk. Haar rooi bloedselle het n baie korter lewensduur en gewoonlik is dit die lewer se werk om onstlae te raak van die "dooie" rooi bloedselle, maar omdat daar so baie is, help mamma se lewer ook met die proses. Haar ogies, ooglede en lippies is al heeltemal gevorm en mens kan selfs al die plekkies sien waar die tande gaan wees. Ons meisie se brein is ook nou al baie ver gevorm en sy is nou besig om te leer van gevoel en gehoor. Dis amazing want sy kan nou al begin om aan haar gesiggie te vat en haar arms en bene te beweeg om rondom haar te voel.

Sy het al klaar vinger en toon naels. Kan jy net dink hoe oulik haar klein vingertjies is ? :-) Teen volgende jaar hierdie tyd is ons baba al amper 8 maande oud.

Jy moet van nou af bietjie passop vir te vinnig opstaan as jy le of sit omdat jy dalk kan vlou val, so wees maar versigtig. Ek en jy moet dalk nou elke dag na werk net so bietjie om die blok gaan stap. Gematigde oefening is baie goed vir jou en ons meisie op hierdie stadium, en pappa lyk ook nou al pregnant en kan doen met bietjie oefening.

My skattie, jou magie lyk nou al soo oulik. Jy is die sexy-ste meisie in die wereld. Ek kan regtig nie help om so baie aan jou magie te vat nie, so jy moet maar net geduldig wees met my.:)

Ek is baie lief vir jou. Jy is klaar die beste mamma in die wereld.

Jou man