Feeds RSS

English Version

There is an english version below every post

Week 22

Hi Skattie

Jislaaik maar ek is nou opgewonde dat ons weet ons kry n klein prinsessie! Ek het net gister weer in die winkels gaan kyk na kleertjies en speelgoed en ek kan net imagine hoe oulik ons klein meisie gaan lyk met al daai mooi pink outfits. Mens kry natuurlik klein pink "blou bull" kleertjies ook...

Ek is net so lekker opgewonde dat ons nou kan begin met die baba kamer. Ek kan regtig nie wag om in die middag by die huis te kom en vir my FAMILIE te groet en my dogtertjie op te tel en met haar te speel nie. Ek dink nie daar is n beter gevoel in die wereld nie. Kan jy glo ons klein prinsessie is nou al 25cm lank en die dokter se sy weeg al n halwe kilogram. Hulle se sy lyk nou al soos n pasgebore baba maar is nog net bietjie maer. Sy moet nou nog lekker baie vetjies optel. Hierdie is nogals cool... Ons prinsessie se lewer is nou al hard aan die werk. Haar rooi bloedselle het n baie korter lewensduur en gewoonlik is dit die lewer se werk om onstlae te raak van die "dooie" rooi bloedselle, maar omdat daar so baie is, help mamma se lewer ook met die proses. Haar ogies, ooglede en lippies is al heeltemal gevorm en mens kan selfs al die plekkies sien waar die tande gaan wees. Ons meisie se brein is ook nou al baie ver gevorm en sy is nou besig om te leer van gevoel en gehoor. Dis amazing want sy kan nou al begin om aan haar gesiggie te vat en haar arms en bene te beweeg om rondom haar te voel.

Sy het al klaar vinger en toon naels. Kan jy net dink hoe oulik haar klein vingertjies is ? :-) Teen volgende jaar hierdie tyd is ons baba al amper 8 maande oud.

Jy moet van nou af bietjie passop vir te vinnig opstaan as jy le of sit omdat jy dalk kan vlou val, so wees maar versigtig. Ek en jy moet dalk nou elke dag na werk net so bietjie om die blok gaan stap. Gematigde oefening is baie goed vir jou en ons meisie op hierdie stadium, en pappa lyk ook nou al pregnant en kan doen met bietjie oefening.

My skattie, jou magie lyk nou al soo oulik. Jy is die sexy-ste meisie in die wereld. Ek kan regtig nie help om so baie aan jou magie te vat nie, so jy moet maar net geduldig wees met my.:)

Ek is baie lief vir jou. Jy is klaar die beste mamma in die wereld.

Jou man

Week 20

Hi my liefie.

Dis nou week 20 en ons dogtertjie is nou al meer as 20cm lank. Ek weet ons is nog nie 100% seker dat dit wel n dogtertjie is nie, maar dit vir my so lekker om nou al te kan se "my dogtertjie is al so groot" en "Ek is sooo lief vir ons dogtertjie" :-). Een van die dae weet ons verseker.

Van nou af begin hulle ons dogtertjie se lengte meet van die kop tot tone en nie meer van die kop tot boudjies nie. Die koppie begin nou bietjie meer in proporsie lyk en die sy begin nou al gereeld sluk en "asem" haal. Haar vel is ook nou al baie meer gevorm. Sy het nou al 4 lagies vel en haar fingerafrukke is ook al klaar gevorm. Dis so awesome.

Jou magie is nou al sooo oulik, my skattie. Ek kan nie help om te glimlag elke keer as ek vir jou magie kyk nie. Nou-die-dag toe jy vir die eerste keer daai rooi pregnancy top aangehad het, het jy vir my soooo sexy gelyk. Dis die cuteste ding EVER. Jy is nou net mooi halfpad en dis nogals lekker om te dink dat ons nou al moet begin reg maak vir ons klein prinsessie. Een van die dae is sy by ons... YIPPEEEE !!!!

Daar is baie manier hoe die dokters nou kan begin meet hoe ons kleintjie groei. Die een manier is die "Fundal Height". Dit is wanneer hulle die lengte meet van jou uteris, van die onder punt na die bo punt. Hulle gebruik dit gewoonlik tussen 14 en 32 weke. Na 32 weke groei die uteris baie minder en dan gebruik hulle maar ultra sound om die presiese metings te kry.

Hulle se dat op hierdie stadium van die swangerskap kan jy partykeer voel dat jou magie juik. Dit is maar gewoonlik omdat jou velletjie aan die rek is, maar gelukkig smeer ons jou met daai anner olies, so dit maak dit darem beter. Hulle se ook dat party mammas n uitslag kan ontwikkel, maar dat dit niks is om oor te worry en heeltemal normaal is.

Jy moet net onthou dat ek baie lief is vir jou en vir ons dogtertjie en dat jy my die grootste geskenk gee wat enigiemand voor kan vra. Jy het n droom waarheid gemaak vir my en ek kan nie vir jou se hoe sexy dit vir my is nie.

Ek is baie lief vir jou my skattie!

Jou Man.

Week 17

Hi Skattie.

Kan jy glo ons klein meisie is nou al amper 12cm lank ? As ons haar nou kon vashou sou sy net mooi in die palm van ons hand kon le. Hoe cool is dit ???

Van nou af is die prinsessie baie besig en beweeg nogals baie rond in jou magie. Al die kraakbeen wat in haar lyfie is, vat haar skelet form is nou besig om te verander in harde been. Soos ek laas gese het kan ons meisie al baie goed hoor. Sy ken nou al die ritme van jou hartklop en al die gewone geluide van buite, soos ons wat kos maak en geselsies ens. Hierdie is die tipe goed wat haar gaan laat gemaklik voel wanneer sy gebore is en by ons in ons huisie kom bly. Ons familie... Jissiewowowow. :) Sy gaan ook nou meer en meer vet begin optel maar op hierdie stadium bestaan sy meestal uit water.

Die slim mense reken dat, alhoewel sy nou nog baie klein is, kan sy voel as ons aan haar raak en elke keer as mens aan haar raak, voel sy warmpies en veilig. Ek is MAL oor jou magie, en ek het nie slim mense nodig om vir my te se ek moet aan jou magie vat nie :). Hulle se ook ons moet begin musiek speel vir die baba, want hulle kan van nou af al reageer op musiek in jou magie.

Tot en met 17 weke het jou uteris gelyk soos n ronde balletjie, maar begin nou vorm verander en lyk meer soos n eier. Ek weet jy begin nou al bietjie ongemaklik voel, maar moenie worry nie my skattie, jy is BAIE sexy.

Die slim mense se ook dat jy moet jou stress vlakke probeer minder maak van nou af. Dis nogals BAIE belangrik so jy moet net se waar ek kan help, OK?

Jissie my skat. Een van die dae gaan daai girl jou karate in jou magie. Ek kan nie wag om te voel hoe sy skop nie. Dis klaar soo cool dat ons haar partykeer kan voel beweeg!

Ek is baie lief vir jou my skattie.
Dankie vir wat jy vir ons doen.

Jou man... en prinses pappa.

Week 15

Hi Liefie

Jammer dat ek so lank terug ietsie geskryf het op die blog. Hierdie laaste ruk was ek lekker besig, maar ek is nie die enigste een nie. Ons klein vreemdelingtjie is nou al sooo groot ek kan dit amper nie glo nie. Hy staan nou al op tussen 12cm en 14cm !

Ons vreemdelingtjie se lyfie begin nou klein haartjies groei wat die slim mense lanugo noem. Dit sal daar wees tot n paar wekies voor ons hom / haar vir die eerste keer sien. Ons vreemdelingtjie gaan selfs hierdie week sy duimpie begin suig, en hy is hard aan die oefen om asem te haal. Hy asem die vrugwater in en uit om sy longetjies te oefen en maak die lugsakkies in sy longetjies sterker. Sy / haar "tastebuds" is ook nog sterk aan die vorm.

Ons het gisteraand hieroor gewonder, maar raai wat. Ons vreemdelintjie kan ons al hoor as ons praat !!!! Jippeee !!! Alhoewel die brein nog nie so ver gevorm is dat die vreemdelintjie weet wat hy hoor nie, dra die vrugwater klanke na die baba toe, veral mamma se hart, magie en stem. Dis amazing. Hulle se ons moet begin luister na "soothing" musiek en met die baba geselsies.

Hulle se ook dat as mamma mooi stil le kan sy dalk al die vreemdelingtjie voel beweeg, alhoewel dit baie min is.

Mamma se magie is ook uiteindelik hier ! Ek is MAL daaroor. Elke aand as ek jou magie smeer kan ek nie glo dat dit my en jou babatjie is wat daar binne is nie. Dit is n wonderwerk !

Dingetjies in jou lyfie verander ook nogals baie. Die slim mense se dat mammas op die stadium dalk meer n toe neus kan kry as gewoonlik en dit is omdat die "mucous membranes" opswel a.g.v. hormoon veranderinge. Jy weet mos die verkoue wat jy nou gehad het? Wel, hulle se dat op 15 weke dit gewoonlik gebeur met mammas omdat die imune system nie so lekker is nie. Alhoewel dit nie lekker was vir jou nie is ek bly om te sien dat alles so volgens die boek verloop.

Hulle se dat mamma nou al moet begin oefen om op jou sy te le as jy slapies. Hulle se dat mense se linker sy die gemaklikste is vir mamma en vir baba.

My liefie, ek is so lief vir jou. Jy is my alles.

Dankie wat jy vir ons deur gaan.

Anco (pappa)

Week 13




Ek kan niks anders se behalwe WOW nie.

Week 10

Hi my blom

Dinge is an die rol hierdie week. Daar is so baie goed wat teen die tyd al gebeur het, dis amazing.
Ons klein vreemdelingtjie se stertjie is nou al amper heeltemal weg en lyk nou al soos n mensie. Die vingertjies, toontjies en gewriggies is nou al heeltemla gevorm. Die coolste ding is dat as jy iets in ons vreemdelingtjie se handtjies kon sit, sal hy (of sy) dit al kan gryp. Dit is net awesome!

Ons vreemdelintjie is nou al tussen 3.5 en 4.5 sentimeter lank en weeg omtrent 4 of 5 gram. Amper die helfde daarvan is sy (of haar) koppie. Ons vreemdelingtjie se oortjies en boonste lip is ook al daar. Sy (of haar) niere, lewer en hartjie is klaar gemaak en die lewer begin selfs nou al bloed selle te maak. Ons vreemdelingtjie se brein ontwikkel nou meer as n kwart miljoen neurons ELKE MINUUT!!! Damn, maar hy (of sy) gaan slim wees :D

Mens kan tegnies gesproke ook nou al sien of ons n meisie of n seuntjie gaan he, alhoewel dit nog bietjie moeilik is. Ons vreemdelingtjie is ook nou al lekker besig daar in jou magie, maar hy (of sy) is nog bietjies te klein vir jou om dit te voel.

Mamma voel op hierdie stadium nogsteeds nie baie lekker nie, maar die goeie nuus is dat dit nou amper klaar is. Mamma begin ook nou al bietjie "wys" alhoewel dit baie min is. Mamma se borste word ook nou bietjie groter en meer sensitief en dit is as gevolg van al die hormone wat in haar lyfie rond karjakker :) Mamma mag dalk ook elke nou en dan bietjie krampies voel maar dit is gelukkig heeltemal normaal en ons hoef nie daaroor te worry nie. Pappa sal regtig help net waar hy kan.

n paar interessante feite :

Volgende jaar hierdie tyd is ons klein vreemdelingtjie al 22 weke oud :)
Sy (of haar) sterre teken is Aquarius
Sy (of haar) geboorte steen is n Amethyst
Sy (of haar) Geboorte blom is n Viooltjie of Primrose
Hy (of sy) sal in 2015 kleuterskool toe gaan, in 2026 kan kar bestuur, in 2028 hoerskool klaar maak en (as ek so moet judge hoe die neurons ontwikkel) teen 2032 klaar maak met Universiteit :)

Ek is baie lief vir jou my skattie.

Pappa

ENGLISH VERSION TO FOLLOW

Beating Hearts

How can I explain the miracle I've seen
from you, my child, no bigger than a bean.
I saw your heartbeat for the first time today
while in your mother's womb you lay.

Listening on the monitor I couldn't tell
who's heart raced faster, your's or mine.
The doctor's words, "Your baby's well",
made me praise our Lord, our God divine.

I cannot wait to see your face,
to hold your body in warm embrace.
To comfort you when you are crying,
To lift you up, pretend you're flying.

I've said it before, I'll say it again,
you are a miracle God has ordained.
Each night when you lay down to sleep,
I'll pray the lord your soul to keep.

Amen

Week 8

Hi my liefie

OK, ek weet mamma is nou bietjie siek en jy mag niks lekker pille drink wat dit vinnig sal beter maak nie, maak reg vir n paar cool feite. Ons klein vreemdelingtjie het al n gesiggie ! Die ogies, neuse, lippies en en selfs die plekkies vir die 20 baba tandjies is nou al daar. Die oortjies begin nou binne en buite vorm en voor ons ons oe kan uitvee gaan hy on kan hoor! Die geslag van ons vreemdelingtjie is ook nou al aan die vorm, maar ons sal nog nie mooi kan sien of dit n prinsessie of n bulletjie gaan wees nie. Sy vingertjies en toontjies begin ook nou al langer word maar het nogsteeds n klein velletjie tussen hulle sodat hy lekker kan goef daar in jou magie. Sy beentjies begin ook nou hard word en hy kry nou al knie en elmboe. Een van die dae gaan hy begin karate daar in mamma se magie:)

Ons vreemdelingtjie is ook nou nie meer n embrio nie, maar n fetus.

Dingetjies in jou lyfie is ook nou in overdrive. Party mammas begin nou al bietjie magie wys omdat die uterus nou al groter is as n lemoen. Ons vreemdelingtjie is nou al 2.5 cm lank. Jy sal nie glo nie, maar mamma gaan nou tussen 40% en 50% meer bloed in haar lyfie he. Natuurlik omdat ons klein vreemdelingtjie al sy kos en suurstof daarvanaf moet kry. Oor net 5 daggies gaan ons sien hoe ons klein vreemdelingtjie lyk daar in jou magie as ons gaan vir scan nommer 2.

Die slim mense se dat ons sommer nou al roompies moet smeer aan al die plekkies wat gaan verander vir ons klein vreemdelingtjie, so pappa sal elke aand vir mamma smeer as sy klaar gebad het. Hulle se ook dat mamma dalk nou en dan bietjie maag pyn gaan kry, so moenie worry nie, dis normaal en pappa sal alles doen om mamma te laat beter voel.

Ek is regtig baie lief vir jou my skat. Jy is wonderlik.

BAIE Liefde.

Pappa.

ENGLISH VERSION

Hi my one and only.

OK, I know that mommy is a little siek and you're not allowed to drink any pills that will make you feel better soon, but get ready for some cool info. Our little stranger has a face! The little eyes, nose, lips en even the little bumps for the 20 baby teeth is already there. The little ears are forming inside and out and before we know it he will be able to hear us! The gender of our little stranger is also already forming, but we still won't be able to see if it will be a little prinsess or a little rugby player. It's fingers and toes are also starting to lengthen but it still has a little piece of skin between them so he can have a little swim inside mommies tummy :)

Our little stranger is also not an embrio any more but a foetus.

Things in mommies body is also going into overdrive now. Some mommies will start sporting a tiny bump by now seeing as the uterus is now about as big as a grapefruit. Our little stranger is now about 2.5cm long. You won't believe it, but mommy is going to have between 40% and 50% more blood in her body. That's obviously because our little stranger needs to get all his food and oxygen from there. In just 5 days we are going see what our little stranger looks like in your tummy when we go for scan number 2.

The clever people say that we should already start rubbing cream on all the little places that are going to change because of our little stranger, so daddy will apply the cream every night on mommy's tummy after you have had a nice bath. They also say that mommy might expreience a little pain in her tummy every now and then, but don't worry, it's completely normal and daddy will do everything to make you comfortable.

I realy love you my dear. You are just wonderful.

LOTS of love

Daddy

To My baby

To My baby

Today, my child, you are but a pea
But already, unbelievably, you complete me.
7 weeks ago your mommy and me
began the life that we'll soon see.

Your mommy is realy such an awesome wife
the one I've searched for all my life.
You and mommy and daddy, us three
will soon become a family.

I've had this dream for so very long
to hold my child in my arms so warm,
and for you to think "My dad's so strong,
he'll protect me through my every storm"

So, from now until the day He comes,
remember these words dad said to you.
You are the best thing happened to us,
and mommy and dadda will alway love you.

6 Weke en 3 daggies

Hi Liefie

Jissiewow maar die tyd gaan vinnig verby. Ons klein vreemdelintjie is nou al 6 weke en 3 daggies oud en ek sal vir jou een ding se, as ons so vinnig moes groei sou ons elke dag n bees moes vreet. Ons klein vreemdelingtjie is nou al tussen 2mm en 5 mm lank (van sy kop tot sy boutjies) en dingetjies vorm nou big time vinnig. Daar is nou al sulke donker kolletjies waar sy (of haar) ogies en neusie gaan wees en die gaatjies waar sy (of haar) oortjies gaan wees is ook nou al daar. Op die stadium is daar ook al klein “bumps” waar sy (of haar) armpies en beentjies begin te vorm. Ons liewe Jesus is darem maar great, he ? Die coolste ding van alles is dat die hartjie nou al self die bloed in sy (of haar) lyfie begin pomp teen n amasing 150 kloppies per minuut. Se gou hierdie BAIE vinnig ... Doef doef doef doef... OK, doen dit nou vinniger ... doef doef doef doef doef... OK... NOG vinniger... doef doef doef doef... he-he-he... dis nog vinniger as wat jy dit nou kon se. :)

Ons klein vreemdelingtjie se senuwee stelstel is nou al so ver gevorm dat die senuwee en spiertjies nou al “connect”. Dit beteken dat hy(of sy) al reeds reflekse wys as jy aan hom (of haar) sou kon vat. Ja, hy (of sy) kan nou al beweeg, maar dit gaan nog n rukkie wees voordat mamma dit sal kan voel (Pappa KAN NIE WAG om te voel hoe wikkel die kleintjie in sy huisie nie!)

Mammas, soos jy weet, voel nie altyd heeltemal 10-4 nie. Baie mammas begin nou al bietjie gewiggies op tel om die klein ding meer kossies te gee, terwyl ander mammas gewiggies verloor omdat hulle bietjie te gaggas voel om te eet. Mamma moet net altyd onthou dat as sy bietjie vir die toilet gaan skreeu, moet sy baie watertjies drink sodat die klein ding die dors word nie. Gelukkig drink mamma elke dag haar pilletjies wat al die goeie goedjies gee vir die klein vreemdelingtjie so ek dink hy (of sy) sal oraait wees. Dankie mamma dat jy so mooi sorg vir ons klein ding. Jy is al klaar die beste mamma in die wereld en pappa is baie lief vir jou. Mammas begin ook nou allerhande weird goedjies soek om te eet op snaakse tye van die dag, maar moenie worry nie... as jy 11 uur in die aand ewe skielik lus raak vir Chinese kos, sonder noodles en beetslaai dan spring ek op my wit perd en kry sommer vir jou n regte chinese ou om die goed sommer in ons eie kombuis te maak.

Ek is baie lief vir jou my skattie. Dankie vir alles wat jy op offer vir ons nuwe familie.

Ancokietjie (vader)

ENGLISH VERSION

Hi My Love

WOW but time flies. Our little stranger is now already 6 weeks and 3 days old and I’ll tell you one thing, if we had to grow this fast; we would have to eat a whole cow every day. Our little stranger is now between 2mm and 5mm long (from its head to its little bum) and things are developing fast –BIG TIME. There are now dark spots where his (or her) eyes and nose is going to be and little holes where his (or her) ears are going to be. At this stage little bumps are also forming where his (or her) arms and legs are going to be. Our God is great, isn’t he ? The coolest thing of all is that the heart is now pumping blood through his (or her) body all by itself, at an amazing rate of 150 beats per minute. Say this REAL fast... Doof doof doof doof... OK, now faster ... doof doof doof doof doof ... OK ... Now even FASTER ... doof doof doof doof ... ha-ha-ha ... it beats even faster than you could say it right then J

Our little stranger’s nervous system is now already so far along that the nervous system and muscles are connected. That means that he (or she) could already show reflexes if you were able to touch him (or her). Yup, he (or she) is now able to move, but it will be a while still before mommy will be able to feel it. (Daddy CANNOT WAIT to feel our little one move inside it’s little house)

Mommies, as you know by now, don’t always feel completely 10-4. A lot of mommies will now start picking up a little weight to give the little one enough food, while other mommies might loose weight because of the morning sickness. Mommy must just remember that every time, after she has screamed at the toilet, to drink some water so that our little one does not get thirsty. Luckely mommy drinks all her pills which gives our little one all the things it might need, so I think he (or she) will be OK. Thanks mommy, for taking such good care of our little one. You are already the best mommy in the world and daddy loves you very much. Mommies are also starting to crave weird things at all hours of the day but don’t worry... if you suddenly feel the need for Chinese food (no noodles with beet salad) I will jump on my white horse and find a real Chinese guy to come and cook everything you want, right in our own kitchen.

I love you so much. Thanks for everything you are giving up for our new family

Anco (daddy)

Week 5

Hi Skattie

Ons klein vreemdelingtjie is nou 5 weke en 4 daggies oud en dinge begin nou baie verander. Hy lyk nog nie heeltemal soos n mensie nie (meer soos n klein dolfyntjie :)) maar sy hartjie en senuwees stelsel is nou hard aan die ontwikkel. Dis so cool. Die bloeds omloop stelsel is die eerste van al die funksies wat ontwikkel en daarna volg die res van die organe. Dingetjies in jou lyfie begin ook nou meer en meer verander. Jy mag dalk nou meer sensitief begin voel in jou borste en, soos jy nou al weet, begin die morning sickness (die slim mense noem dit emesis gravidarium) ook omtrent hierdie tyd al. Ek het so bietjie gaan lees en, alhoewel jy nou baie gaggas gaan voel, is dit eintlik baie goed vir die vreemdelingtjie as mamma naar word. Die mees eenvoudige verduideliking is, jou baba like die kos nie – so dit moet uit. Gelukkig hou dit in meeste mammas nie baie lank nie, maar ek sal elke dag vir jou provitas en water by die bed los as ek ry.

Ons klein vreemdelingtjie is nou al tussen 1.5mm en 2mm lank en in week 5 begin die hartjie opdeel in verskillende hart kamers en gaan begin klop !!! Teen die tyd is die vorming van die plasenta en die naelstring ook goed oppad en party mense dink die rede hoekom mamma so gagga begin voel is omdat die goed al mamma se goeie goed uit die bloed uit vat.

Ek weet dat jy nie baie daarna uitsien nie, so die goeie ding is dat dit nog baie lank gaan vat voordat mamma n magie gaan kry. Pappa kan natuurlik nie wag vir mamma om daai sexy magie te kry nie. Daar is vir my regtig min dinge so mooi soos n swanger vrou. Ek is baie lief vir jou !

Anyway my skattie. Baie dankie dat jy hierdie ding vir ons doen, wat nie altyd baie lekker gaan wees nie. Ek sal die hele tyd daar wees vir jou

Love you lots!!!

Ancoetjiekie

ENGLISH VERSION

Hi My Love
Our little stranger is now 5 weeks and 4 days old and things are starting to change rapidly now. It's doesn't look like a little baby yet (more like a littel dolpin) but it's heart and nervous system is realy developing fast now. It's SO cool. The circulatory system is the first to develop of all the function and the rest of the organs follow quite quick after that. Things in your body is also changing more and more. You might start feeling a little sensitive in your breasts and, as you already know, the morning sickness also starts about now (the clever people call it emensis gravidarium). I've done a little reading about it and although you feel a little crappy now, it's actually good for the baby when mommy get's sick. The simplest explanation I could find is - The baby doesn't like the food, so it must go. Luckely it doesn't last too long for most mommies, but I'll put some crackers and water by the bed before I leave for work every morning.


Our littel stranger is now between 1.5mm and 2mm long and in week 5 the heart will devide into the different chambers and actually start beating!!! At this stage the forming of the placenta and umbilical cord is also well under way and some people thing the reason why mommy feels sick in the morning is because our little one is stealing all the good things from mommies body.


I know that you are not looking forward to it, so the good thing is that it's going to take a long time still before mommy would get a litte tummy. Daddy can not wait for mommy to get that sexy little pregnant tummy. There realy are few things as sexy to me than a pregnany woman. I love you so much !


Anyway, my love, thank you so much for doing this thing for us. I know it's not always going to be fun, but I will be there for you ALL the time.


Love you lots
Me

Week 3


Hi Skattie

Ek het gedog ek sal vir jou ietsie skryf om te verduidelik wat besig is om met jou en ons klein vreemdelingetjie te gebeur.

Wanneer jy 3 weke swanger is, is die klein vreemdelingetjie net n bondel selletjies, maar die geslag, haar kleur en features is al klaar vas gemaak in die DNA (Amazing!). Sy brein, rugstring en hart is nou al besig om te begin vorm. Alhoewel mens dit nog nie van buite af kan sien nie, is daar BAIE goed wat in die mamma se lyf gebeur. Die embrio is nou al vas teen die Uterus wand en word omsingel met n fyn borreltjie selle, wat dan die plasenta gaan vorm. Op hierdie stadium is ons klein vreemdelingetjie maar .2mm groot WOWOWOWOW!





Daar is ook nou baie hormone wat besig is om die mamma se lyf vol te hardloop. Sy is geneig om redelikke “moodswings” te he (toemaar my skat, ek is nou liewer vir jou as ooit) en sy mag dalk n bietjie apteit verloor en begin naar voel. Die naarheid is darem nie n reel nie en party mammas voel dit glad nie :)

Die mamma kan ook partykeer krampe kry wat voel soos gewone “payday” krampe, maar dit is ook heeltemal normaal. Dit is maar net deel van al die goedjies wat gebeur in die baba se nuwe huise vir die volgende 9 maande.

Ek is baie lief vir jou my skattie.

Ancokiekie (Vader)


ENGLISH VERSION

Hi My Love
I thought I'd write a little something to explain what is happening with you and our little stranger.


When you are 3 weeks pregnant, our little stranger is only a tiny bundle of cells but the gender, hair colour and features are allready determined in the DNS (Amazing). It's brain, spine and heart is allready starting to form. Although you can't see it from the outside yet, there are a lot of things that are happening inside mommies body. The ebrio is allready attached to the utiran wall which is covered with a thin bubbel of cells which will later become the placenta. At this stage our little stranger is only 0.2mm long ... WOWOWOWOW!


There are also a LOT of hormones coursing through mommies body. She is prone to moodswings (don't worry my love, I love you now more than ever) and she might also start loosing her appatite a little and start feeling a little nautious. Luckely not all mommies suffer from morning sickness, so that's good :)


Mommy might also experience a few cramps sometimes which feel like normal "payday" cramps, but that's completely normal. It's only part of the things that's happening in our babies new home for the next 9 months.


I love you so much my love.


All my love
Anco (daddy)