Hi Liefie
Jammer dat ek so lank terug ietsie geskryf het op die blog. Hierdie laaste ruk was ek lekker besig, maar ek is nie die enigste een nie. Ons klein vreemdelingtjie is nou al sooo groot ek kan dit amper nie glo nie. Hy staan nou al op tussen 12cm en 14cm !
Ons vreemdelingtjie se lyfie begin nou klein haartjies groei wat die slim mense lanugo noem. Dit sal daar wees tot n paar wekies voor ons hom / haar vir die eerste keer sien. Ons vreemdelingtjie gaan selfs hierdie week sy duimpie begin suig, en hy is hard aan die oefen om asem te haal. Hy asem die vrugwater in en uit om sy longetjies te oefen en maak die lugsakkies in sy longetjies sterker. Sy / haar "tastebuds" is ook nog sterk aan die vorm.
Ons het gisteraand hieroor gewonder, maar raai wat. Ons vreemdelintjie kan ons al hoor as ons praat !!!! Jippeee !!! Alhoewel die brein nog nie so ver gevorm is dat die vreemdelintjie weet wat hy hoor nie, dra die vrugwater klanke na die baba toe, veral mamma se hart, magie en stem. Dis amazing. Hulle se ons moet begin luister na "soothing" musiek en met die baba geselsies.
Hulle se ook dat as mamma mooi stil le kan sy dalk al die vreemdelingtjie voel beweeg, alhoewel dit baie min is.
Mamma se magie is ook uiteindelik hier ! Ek is MAL daaroor. Elke aand as ek jou magie smeer kan ek nie glo dat dit my en jou babatjie is wat daar binne is nie. Dit is n wonderwerk !
Dingetjies in jou lyfie verander ook nogals baie. Die slim mense se dat mammas op die stadium dalk meer n toe neus kan kry as gewoonlik en dit is omdat die "mucous membranes" opswel a.g.v. hormoon veranderinge. Jy weet mos die verkoue wat jy nou gehad het? Wel, hulle se dat op 15 weke dit gewoonlik gebeur met mammas omdat die imune system nie so lekker is nie. Alhoewel dit nie lekker was vir jou nie is ek bly om te sien dat alles so volgens die boek verloop.
Hulle se dat mamma nou al moet begin oefen om op jou sy te le as jy slapies. Hulle se dat mense se linker sy die gemaklikste is vir mamma en vir baba.
My liefie, ek is so lief vir jou. Jy is my alles.
Dankie wat jy vir ons deur gaan.
Anco (pappa)
English Version
There is an english version below every post


0 comments:
Post a Comment