Hi my liefie.
Dis nou week 20 en ons dogtertjie is nou al meer as 20cm lank. Ek weet ons is nog nie 100% seker dat dit wel n dogtertjie is nie, maar dit vir my so lekker om nou al te kan se "my dogtertjie is al so groot" en "Ek is sooo lief vir ons dogtertjie" :-). Een van die dae weet ons verseker.
Van nou af begin hulle ons dogtertjie se lengte meet van die kop tot tone en nie meer van die kop tot boudjies nie. Die koppie begin nou bietjie meer in proporsie lyk en die sy begin nou al gereeld sluk en "asem" haal. Haar vel is ook nou al baie meer gevorm. Sy het nou al 4 lagies vel en haar fingerafrukke is ook al klaar gevorm. Dis so awesome.
Jou magie is nou al sooo oulik, my skattie. Ek kan nie help om te glimlag elke keer as ek vir jou magie kyk nie. Nou-die-dag toe jy vir die eerste keer daai rooi pregnancy top aangehad het, het jy vir my soooo sexy gelyk. Dis die cuteste ding EVER. Jy is nou net mooi halfpad en dis nogals lekker om te dink dat ons nou al moet begin reg maak vir ons klein prinsessie. Een van die dae is sy by ons... YIPPEEEE !!!!
Daar is baie manier hoe die dokters nou kan begin meet hoe ons kleintjie groei. Die een manier is die "Fundal Height". Dit is wanneer hulle die lengte meet van jou uteris, van die onder punt na die bo punt. Hulle gebruik dit gewoonlik tussen 14 en 32 weke. Na 32 weke groei die uteris baie minder en dan gebruik hulle maar ultra sound om die presiese metings te kry.
Hulle se dat op hierdie stadium van die swangerskap kan jy partykeer voel dat jou magie juik. Dit is maar gewoonlik omdat jou velletjie aan die rek is, maar gelukkig smeer ons jou met daai anner olies, so dit maak dit darem beter. Hulle se ook dat party mammas n uitslag kan ontwikkel, maar dat dit niks is om oor te worry en heeltemal normaal is.
Jy moet net onthou dat ek baie lief is vir jou en vir ons dogtertjie en dat jy my die grootste geskenk gee wat enigiemand voor kan vra. Jy het n droom waarheid gemaak vir my en ek kan nie vir jou se hoe sexy dit vir my is nie.
Ek is baie lief vir jou my skattie!
Jou Man.
English Version
There is an english version below every post
Week 17
Hi Skattie.
Kan jy glo ons klein meisie is nou al amper 12cm lank ? As ons haar nou kon vashou sou sy net mooi in die palm van ons hand kon le. Hoe cool is dit ???
Van nou af is die prinsessie baie besig en beweeg nogals baie rond in jou magie. Al die kraakbeen wat in haar lyfie is, vat haar skelet form is nou besig om te verander in harde been. Soos ek laas gese het kan ons meisie al baie goed hoor. Sy ken nou al die ritme van jou hartklop en al die gewone geluide van buite, soos ons wat kos maak en geselsies ens. Hierdie is die tipe goed wat haar gaan laat gemaklik voel wanneer sy gebore is en by ons in ons huisie kom bly. Ons familie... Jissiewowowow. :) Sy gaan ook nou meer en meer vet begin optel maar op hierdie stadium bestaan sy meestal uit water.
Die slim mense reken dat, alhoewel sy nou nog baie klein is, kan sy voel as ons aan haar raak en elke keer as mens aan haar raak, voel sy warmpies en veilig. Ek is MAL oor jou magie, en ek het nie slim mense nodig om vir my te se ek moet aan jou magie vat nie :). Hulle se ook ons moet begin musiek speel vir die baba, want hulle kan van nou af al reageer op musiek in jou magie.
Tot en met 17 weke het jou uteris gelyk soos n ronde balletjie, maar begin nou vorm verander en lyk meer soos n eier. Ek weet jy begin nou al bietjie ongemaklik voel, maar moenie worry nie my skattie, jy is BAIE sexy.
Die slim mense se ook dat jy moet jou stress vlakke probeer minder maak van nou af. Dis nogals BAIE belangrik so jy moet net se waar ek kan help, OK?
Jissie my skat. Een van die dae gaan daai girl jou karate in jou magie. Ek kan nie wag om te voel hoe sy skop nie. Dis klaar soo cool dat ons haar partykeer kan voel beweeg!
Ek is baie lief vir jou my skattie.
Dankie vir wat jy vir ons doen.
Jou man... en prinses pappa.

|
Anco
Permalink 0
Read more>>
Permalink 0
Read more>>
Subscribe to:
Posts (Atom)