Feeds RSS

English Version

There is an english version below every post

Week 17

Hi Skattie.

Kan jy glo ons klein meisie is nou al amper 12cm lank ? As ons haar nou kon vashou sou sy net mooi in die palm van ons hand kon le. Hoe cool is dit ???

Van nou af is die prinsessie baie besig en beweeg nogals baie rond in jou magie. Al die kraakbeen wat in haar lyfie is, vat haar skelet form is nou besig om te verander in harde been. Soos ek laas gese het kan ons meisie al baie goed hoor. Sy ken nou al die ritme van jou hartklop en al die gewone geluide van buite, soos ons wat kos maak en geselsies ens. Hierdie is die tipe goed wat haar gaan laat gemaklik voel wanneer sy gebore is en by ons in ons huisie kom bly. Ons familie... Jissiewowowow. :) Sy gaan ook nou meer en meer vet begin optel maar op hierdie stadium bestaan sy meestal uit water.

Die slim mense reken dat, alhoewel sy nou nog baie klein is, kan sy voel as ons aan haar raak en elke keer as mens aan haar raak, voel sy warmpies en veilig. Ek is MAL oor jou magie, en ek het nie slim mense nodig om vir my te se ek moet aan jou magie vat nie :). Hulle se ook ons moet begin musiek speel vir die baba, want hulle kan van nou af al reageer op musiek in jou magie.

Tot en met 17 weke het jou uteris gelyk soos n ronde balletjie, maar begin nou vorm verander en lyk meer soos n eier. Ek weet jy begin nou al bietjie ongemaklik voel, maar moenie worry nie my skattie, jy is BAIE sexy.

Die slim mense se ook dat jy moet jou stress vlakke probeer minder maak van nou af. Dis nogals BAIE belangrik so jy moet net se waar ek kan help, OK?

Jissie my skat. Een van die dae gaan daai girl jou karate in jou magie. Ek kan nie wag om te voel hoe sy skop nie. Dis klaar soo cool dat ons haar partykeer kan voel beweeg!

Ek is baie lief vir jou my skattie.
Dankie vir wat jy vir ons doen.

Jou man... en prinses pappa.

0 comments:

Post a Comment